
SA se verdediging kort herlewing - Tau
Loading player...
Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, vra ʼn gekoördineerde benadering om Suid-Afrika se verdedigingsbedryf te laat herleef. Hy sê die bedryf is op die voorpunt van presisie-vervaardiging, stelsel-ingenieurswese en tegnologiese soewereiniteit. Hy het gister die hoofrede gelewer by die Verdedigingsbedryf-lekgotla by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad in Pretoria. Tau erken dat die bedryf die afgelope drie dekades ten gronde gegaan het weens Suid-Afrika se besnoeiing aan verdediging:

