
Insette vir kies-gedragskode sluit vandag
Loading player...
Die Verkiesingskommissie sê die Verkiesingsgedragskode oor die Bekamping van Waninligting is daarop gemik om 'n meer betroubare inligtingsomgewing te skep deur weerstand teen valse inligting, manipulering en gekoördineerde oneerlike aanlyngedrag te versterk. Dit is vandag die sluitingsdatum vir openbare kommentaar oor die nuwe kode, wat tot straf kan lei vir politieke partye en kandidate wat doelbewus valse inligting tydens verkiesingsveldtogte versprei. Die ondervoorsitter van die Kommissie, Janet Love, het aan die SABC gesê die kode bevorder etiese kommunikasie, deursigtigheid en verantwoordbaarheid:

