
Groot kommer oor Houthi's se verbod op Saoedi se olie-uitvoere
Loading player...
Die Verenigde Nasies is bekommerd oor nuwe dreigemente teen Saoedi-Arabië deur Jemen se Iran-gesteunde Houthi-rebelle, asook vryheid van beweging in die belangrike Rooi See-skeepsroetes langs die kus van Jemen. 'n Volledige sluiting van die Bab el-Mandeb-roete kan wêreldwye olievoorraad met 7 persent verminder. Die Houthi's se gewapende magte het 'n maritieme embargo teen Saoedi-Arabië ingestel uit vergelding vir 'n Saoedi-blokkade van hawens en lughawens in Houthi-beheerde gebiede in die noordweste van Jemen. VN-woordvoerder Stéphane Dujarric sê die onmiddellike afskaling van dreigemente is noodsaaklik:

