
Gerepatrieerdes uit SA eis werk by die regering
Loading player...
Terwyl 36,9 persent van Namibië se aktiewe arbeidsmag werkloos is, eis 'n groep onlangse gerepatrieerdes uit Suid-Afrika dat die regering hulle werk gee. Die 84 individue, wat na xenofobiese aanvalle in die buurland na Namibië teruggekeer het, sê hulle het aanvanklik vertrek op soek na werk weens beperkte werkvooruitsigte tuis, net om dieselfde uitdagings te vind met hul terugkeer. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê arbeidsdeskundige Herbert Jauch dat dit moeilik is om bykomende werksoekers te akkommodeer.

