
Onwettige visvang: Selfs krokodille word in nette vasgevang
Loading player...
Owerhede verskerp hul optrede teen onwettige visvang in die Zambezistreek en vernietig honderde verbode visnette namate kommer toeneem oor dalende vissyfers en die verwoestende uitwerking op wildlewe. 'n Krokodil is ook onlangs vasgevang in een van die onwettige nette gevind, wat die omgewingskoste van hierdie praktyk beklemtoon. Jofie Lamprecht van Jofie Lamprecht Safaris het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die polisie onlangs 250 gekonfiskeerde onwettige nette langs die Choberivier verbrand het.

