Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji

Loading player...
*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-254-pryse-potholes-en-n-pending-emoji/

Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op 'n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig 'n huis is, of net 'n baie duur uitsig.

Intussen is 'n Suid-Afrikaanse Protea-emoji 'n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds goedgekeur is. Maar watter emoji's gebruik Colene en Matthys die meeste? En wat verklap dit van hulle?

In Gauteng stik die mense intussen aan besoedeling, en dis nie gas-heaters of slaggate se skuld nie, dis motors.

En van motors gepraat: Queen Elizabeth het self gery, jare lank, sonder 'n "liksens".

Dis eiendom en emoji's. Dis motors en 'n Queen wat voet in die hoek sit. Dis KLETS.
22 Jul Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠π™ͺπ™¬π™žπ™£π™œ: 𝘩π˜ͺ𝘦𝘳π˜₯π˜ͺ𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 π˜’π˜“π˜Œπ˜›π˜š π˜ͺ𝘴 '𝘯 𝘣π˜ͺ𝘦𝘡𝘫π˜ͺ𝘦 π˜₯𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sΓͺ hulle. Maar niemand sΓͺ ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. π—žπ˜†π—Έ 𝗱𝗢𝗲 π—²π—½π—Άπ˜€π—Όπ—±π—² 𝗡𝗢𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. π—žπ˜†π—Έ 𝗱𝗢𝗲 π—²π—½π—Άπ˜€π—Όπ—±π—² 𝗡𝗢𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min

Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie

Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/ Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesΓͺ nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie. Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n…
2 Sep 56 min