Iran-oorlog is duur, Hegseth vra vir nog geld

Loading player...
Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê Amerika en Israel se oorlog teen Iran kos tot dusver sowat 615 miljard Namibiese dollar. Dit sluit uitgawes in soos etes vir soldate, en is meer as die vorige raming van byna 476,98 miljard dollar in middel-Mei. Minstens 17 soldate is sedert Februarie in Iran dood en byna 100 is beseer. Hegseth het aan die Senaat se Begrotingskomitee gesê die jongste befondsingsversoek vir sy departement is dringend en noodsaaklik:
22 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Pule maak beloftes sonder besonderhede - DA

Die DA sê die pas aangestelde minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, se eerste mediakonferensie het min besonderhede maar baie beloftes bevat. Die minister sê die regering gaan meer as 350 000 maatskaplike toelaes hersien om die integriteit van die stelsel vir maatskaplike bystand te beskerm en sowat 1,5-miljard Suid-Afrikaanse…
22 Jul 4AM 1 min

ErongoRED loods nuwe program teen kabeldiefstal

Diefstal van koperkabels kos ErongoRED meer as 5 miljoen Namibiese dollar per jaar en die elektrisiteitsverspreider waarsku dat hierdie misdaad kragonderbrekings veroorsaak, openbare veiligheid bedreig en koste laat styg. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof, Tino !Hanabeb, gepraat wat sê die maatskappy het sy veldtog “Be a Copper…
22 Jul 4AM 1 min

Hegseth geroskam, mislukking genoem

Die Amerikaanse minister van verdediging, Pete Hegseth, is geroskam op Capitol Hill by die verhoor waar hy die Kongres gevra het vir 37,5 miljard Amerikaanse dollar vir die Iran-oorlog. Die Demokratiese senator vir Michigan Gary Peters het Hegseth 'n mislukte leier genoem.
22 Jul 3AM 1 min

Pule wil R1,5 miljard spaar met Sassa-hersiening

Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, sê die regering beoog om gedurende die 2026/2027-boekjaar 1,5-miljard Suid-Afrikaanse rand te bespaar deur middel van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid se hersieningsprogram vir maatskaplike toelaes. Pule het aan die media gesê die hersienings sal verseker dat slegs kwalifiserende begunstigdes toelaes ontvang,…
22 Jul 3AM 1 min

Sanitasie onder die loep op Swakopmund

Namibië bied die 19de Afrika Openbare Diens-dag Tegniese Simposium tot 23 Julie in Swakopmund aan, met streeksuitstallings en besprekings met belanghebbendes. Die fokus is op water en sanitasie. Wayambekange Hamufenhu, senior ontwikkelingsbeplanner in die departement van landelike watervoorsiening en sanitasie in die landbouministerie, het van die uitdagings uiteengesit.
22 Jul 2AM 1 min