
Owerhede vind 36 kinders in minibustaxi
Loading player...
Die LUR van Vervoer en Menslike Nedersettings in KwaZulu-Natal, Siboniso Duma sê padveiligheidsoptrede sal verskerp word. Dit volg nadat 'n oorlaaide minibustaxi met 36 leerders op die eerste dag van die nuwe skoolkwartaal naby Park Rynie gevind is. Woordvoerder Ndabezinhle Sibiya sê die taxi is gekonfiskeer en die bestuurder, wat nie 'n rybewys by hom gehad het nie, is met meer as twee-duisend-rand beboet:

