ErongoRED loods nuwe program teen kabeldiefstal

Loading player...
Diefstal van koperkabels kos ErongoRED meer as 5 miljoen Namibiese dollar per jaar en die elektrisiteitsverspreider waarsku dat hierdie misdaad kragonderbrekings veroorsaak, openbare veiligheid bedreig en koste laat styg. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof, Tino !Hanabeb, gepraat wat sê die maatskappy het sy veldtog “Be a Copper Theft Stopper” van stapel gestuur. Hy doen 'n beroep op gemeenskappe om te help om die streek se elektrisiteitsnetwerk te beskerm.
22 Jul 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beleggers kyk na grond, dienste vir datasentrums

Datasentrums is die nuwe beleggingsbestemming, veral in lande soos die VSA. Kenners meen 'n manier om 'n voet in die deur te kry om in KI te belê is om te belê in maatskappye wat die grond bekom sowel as diensverskaffers. In die VSA, is alle oë op die groei…
22 Jul 6AM 1 min

Fosa verwelkom stappe in Tembisa-bedrogspul

Die Forum for South Africa sê die permanente verbeurdverklaring van 325-miljoen Suid-Afrikaanse rand se bates wat met die beweerde Tembisa-hospitaalbedrogverdagte, Hangwani Morgan Maumela, verbind word, is 'n belangrike stap in die stryd teen korrupsie. Tebogo Mashilompane van die Forum glo meer gesteelde bates moet teruggevind word, en almal wat by…
22 Jul 6AM 1 min

Ondersteun ons boogskutters se gala-dinee

Namibië se boogskutters mik na die kontinentale verhoog, maar hulle het die publiek se steun nodig om daar uit te kom. Africa Genesis Archery Namibia samel fondse in nadat hulle 'n uitnodiging ontvang het om aan die Africa Genesis Archery Federation se Afrika-toernooi in Botswana deel te neem, wat van…
22 Jul 6AM 1 min

Bots se Sea Rail wil uitbrei maar die spoorlyn ontbreek

Botswana en Namibië maak vordering met die beplande Trans Kalahari-spoorwegprojek, 'n strategiese infrastruktuurinisiatief wat daarop gemik is om Botswana en die streek direkte spoorwegtoegang tot die Atlantiese Oseaan deur die Walvisbaai-hawe te bied. Botswana se staatsbeheerde logistieke maatskappy Sea Rail het planne uiteengesit om sy rol in streekslogistieke dienste uit…
22 Jul 6AM 1 min

Air Namibia was nie winsgewend nie, wat het verander?

Die herlewing van 'n nuwe nasionale lugredery neem vorm aan. Die regering het ambisieuse planne vir Namibia Air, soos daarna verwys sal word, sluit in die verkryging van sewe vliegtuie ter waarde van 594 miljoen Namibiese dollar en geteikende plaaslike en streeksvlugpryse onder 2 000 dollar voor 'n beplande bekendstelling…
22 Jul 6AM 1 min