
Samewerking met SA moet omskep word in werklike projekte
Loading player...
Suid-Afrika en Namibië het 'n nuwe Ekonomiese Samewerkingsooreenkoms onderteken om handels-, beleggings- en sakevennootskappe te bevorder na aanleiding van die onlangse Bi-Nasionale Kommissie. Maar terwyl amptenare sê die ooreenkoms sal nuwe geleenthede ontsluit, sê ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu aan Kosmos 94.1 Nuus dat die raamwerk niks nuuts is nie. Hy sê die werklike uitdaging is om bestaande ooreenkomste in bankbare projekte en tasbare beleggings te omskep.

