Afstand-werk bereik rekord-hoogtepunt in SA

Loading player...
Geleenthede om van die huis te werk, het in die eerste helfte van die jaar ʼn rekord-hoogtepunt bereik in Suid-Afrika. Volgens die werksplatform, Pnet, se jongste verslag oor arbeidsmark-neigings is afstandwerk-geleenthede 28-persent hoër as 'n jaar gelede en het die afgelope twee jaar met 41-persent toegeneem. Paul Byrne van Pnet het aan Newzroom Afrika gesê afstands-werksgeleenthede is nie beperk tot die tegnologie-sektor nie, maar het oor ʼn wye reeks bedrywe uitgebrei:
22 Jul 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Walvisbaai-lughawe spog met nuwe vluginligtingstelsel

Die Namibiese Lughawensmaatskappy het 'n nuwe vluginligtingstelsel van 1,3 miljoen Namibiese dollar by die Walvisbaai Internasionale Lughawe onthul. Die maatskappy se woordvoerder, Dan Kamati, sê die digitale opgradering bied passasiers intydse vlugopdaterings dwarsdeur die terminaal, terwyl dit operasionele doeltreffendheid verhoog en die lughawe se verbintenis tot wêreldklasdiens versterk.
22 Jul 10AM 1 min

Finansiële insluiting in land op rekordvlak

Finansiële insluiting in Namibië het 'n rekordhoogtepunt bereik, met 86 persent van volwassenes, of meer as 1,56 miljoen mense, wat nou toegang tot finansiële dienste het. Dit is volgens die 2025 Namibië Finansiële Insluitingsopname wat vandag deur die Namibië Statistieke-agentskap vrygestel is. Die verslag toon 'n skerp styging vanaf 78…
22 Jul 10AM 1 min

ReconAfrica-baas opgewonde oor vonds in Kavango-bekken

ReconAfrica het bevestig dat hy natuurlike gas suksesvol vanaf diep ondergronds na die oppervlak gebring het tydens toetse by sy Kavango-Wes X1-put. Dit is die eerste keer dat natuurlike gas op land ooit suksesvol na die oppervlak in Namibië gevloei het. Brian Reinsborough, uitvoerende hoof van ReconAfrica, het op Proactive…
22 Jul 10AM 1 min

Trump dreig om Iranse “kernterrein” aan te val

Die Amerikaanse president, Donald Trump, dreig om ʼn kompleks, bekend as Pickaxe Mountain, aan te val wat vermoedelik ʼn ondergrondse kernterrein is waar Iran moontlik ʼn onverklaarde verrykingsaanleg bou. Dit is in 2020 aan die Verenigde Nasies se Internasionale Atoomenergie-agentskap verklaar as ʼn toekomstige aanleg om toerusting op te rig…
22 Jul 9AM 1 min

Gobabis-inwoners wil nóg praat oor grond-wetsontwerp

Inwoners van Gobabis eis bykomende streeksbesprekings oor die voorgestelde nasionale grond-wetsontwerp, met die argument dat die departement van landbou se onlangse openbare konsultasie op baie kort kennisgewing gehou is. Kosmos 94.1 Nuus het met gemeenskapsleier Wallace Finnies gepraat, wat sê hoewel die besprekings vrugbaar was, bywoning swak was. Dit beteken…
22 Jul 9AM 1 min