Walvisbaai-lughawe spog met nuwe vluginligtingstelsel

Loading player...
Die Namibiese Lughawensmaatskappy het 'n nuwe vluginligtingstelsel van 1,3 miljoen Namibiese dollar by die Walvisbaai Internasionale Lughawe onthul. Die maatskappy se woordvoerder, Dan Kamati, sê die digitale opgradering bied passasiers intydse vlugopdaterings dwarsdeur die terminaal, terwyl dit operasionele doeltreffendheid verhoog en die lughawe se verbintenis tot wêreldklasdiens versterk.
22 Jul 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vyf tuis doodgeskiet in vermoedelike bendegeweld

Die Wes-Kaapse polisie het die massaskietery in Steenberg veroordeel wat gisteraand vyf lewens geëis en drie gewond gelaat het. Polisiewoordvoerder Novela Potelwa sê die slagoffers het omstreeks agtuur by 'n woning in Blodestraat gekuier toe onbekende gewapende mans die perseel binnegegaan en lukraak begin skiet het. Volgens Potelwa is vier…
25 Oct 5AM 1 min

Klippe en eiers gooi is nie tiener-kattekwaad

Om motors onder klippe – of eiers te steek, is nie skadelose kinderkattekwaad nie. Die Swakopmund-munisipaliteit vra inwoners om sulke tieners by die polisie te verkla. Dit volg nadat buurtwagte inwoners in Oceanview en Platz am Meer hieroor gewaarsku het. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa sê hoewel videomateriaal hiervan versprei is,…
25 Oct 4AM 1 min

Kameelperdbevolking herstel toenemend

Oor die afgelope dekade het die Giraffe Conservation Foundation, deur middel van wetenskaplik gefundeerde hervestigings, daarin geslaag om kameelperde, ook in Namibië, terug te bring na 11 miljoen hektaar Afrika-landskap. Medestigter Julian Fennessy sê Afrika het meer as 90 persent van sy historiese kameelperdbevolking verloor, maar dat translokasies werk. Hy…
25 Oct 3AM 1 min

Malema vra gratis water en krag vir behoeftiges

Die EFF-president Julius Malema vra vir gratis water en elektrisiteit vir ontvangers van maatskaplike toelaes. Tydens die party se 'Tshela Thupa'-veldtog vir die plaaslikeregeringverkiesing op die KaMaqhekeza-stadion in Nkomazi, Mpumalanga, het Malema gesê kwesbare huishoudings behoort toegang tot basiese dienste te hê, sonder die bykomende las van onbekostigbare nutsdienste. Die…
25 Oct 2AM 1 min

Pro-aktiewe plan nodig teen BKS

Die Cirrus-ontleder Romé Mostert sê Namibië benodig ’n proaktiewe plan om die impak van bek-en-klouseer op boere en die landbousektor te beperk. Hy beklemtoon dat vinnige optrede, insluitend die uitdunning van besmette vee waar nodig en vergoeding vir boere, deel van ’n doeltreffende reaksie moet wees, eerder as om bloot…
25 Oct 1AM 1 min