SME's kan ekonomiese groei ontsluit

Loading player...
Namibië se langtermyn ekonomiese groei sal nie alleen deur groot maatskappye gebou word nie. Dit is die boodskap van senior medewerker by R&J Steytler Management Consultants, Peik Bruhns, wat 'n beroep doen op groter ondersteuning vir SME's as 'n nasionale ontwikkelingsprioriteit. Bruhns voer aan dat klein besighede werk skep waar mense woon, plaaslike ekonomieë stimuleer en een van die mees doeltreffende maniere bied om armoede en ongelykheid te verminder. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat sterker samewerking nodig is om entrepreneurs die vaardighede te gee wat hulle nodig het om te groei en te slaag.
23 Jul 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mamdani sê New York kan nie Bibi arresteer nie

Die burgemeester van New York, Zohran Mamdani, sê sy kantoor het nie die gesag om die Internasionale Strafhof se lasbrief vir die Israeliese premier Benjamin Netanyahu uit te voer nie, en het Amerikaanse federale amptenare versoek om in te gryp.
23 Jul 5AM 1 min

MK wil hê Ramaphosa moet self voor Ampsklagkomitee getuig

Die MK-party sê president Cyril Ramaphosa moet persoonlik voor die Ampsklagkomitee getuig en kan dit nie deur regsverteenwoordigers doen nie. Dit volg nadat die komitee besluit het sy regsraadgewers moet leiding gee oor die wetlike vereistes van Ramaphosa se verskyning en getuienislewering en die gevolge indien die president besluit om…
23 Jul 5AM 1 min

Outa verwelkom boorgatbesluit vir huishoudelike gebruik

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die Departement van Water en Sanitasie het bevestig die meeste huishoudings wat boorgatwater vir normale huishoudelike doeleindes gebruik, hoef nie te registreer onder die nasionale watergebruikregistrasieproses nie. Die verduideliking volg na verwarring oor die Departement se onlangse registrasieveldtog. Julius Kleynhans van Outa sê die besluit…
23 Jul 4AM 1 min

Daar sal altyd 'n plek vir die Statebondspele wees

Die Statebondspele begin vandag in Glasgow, Skotland. Meer as 3 000 atlete uit 74 lande sal aan 215 medalje-items in 16 sportsoorte deelneem. Ses van die sportsoorte is geïntegreerde para-sportsoorte. Namibië is ook verteenwoordig. Glasgow is aangewys nadat die Australiese staat Victoria in Julie 2023 as gasheer van die Spele…
23 Jul 3AM 1 min

Ampsklagkomitee verleng sperdatum vir benoeming van getuienisleier

Die parlementêre Ampsklagkomitee het besluit om die sperdatum vir politieke partye om kandidate vir die aanstelling as 'n getuienisleier te benoem, te verleng. Na aanleiding van die benoemings van politieke partye, is slegs vier advokate op die kortlys beskikbaar om onmiddellik te begin. Hulle is Kate Hofmeyr, Vuyani Ngalwana, Ismail…
23 Jul 3AM 1 min