Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die terugkoopkoers onveranderd gehou op sewe-persent, in die lig van voortdurende inflasierisiko's en wêreldwye onsekerheid oor die konflik in die Midde-Ooste. Vier lede van die komitee was ten gunste daarvan om die koers onveranderd te laat, terwyl twee 'n verhoging van 25-basispunte verkies…
FirstRand Namibia en die Namibië Bankwerkersunie het 'n loonooreenkoms vir werknemers binne die gedefinieerde bedingingseenheid vir die 2026/27 finansiële jaar onderteken. Kirsty Watermeyer, woordvoerder van FirstRand Namibia, sê die ooreengekome gemiddelde verhoging van 5,71 persent sal toegepas word in ooreenstemming met die beginsel van betaling vir prestasie en sal vanaf…
Koue weer is vandag ervaar, en voorspellers verwag dat dieselfde môreoggend ook sal geld. Albertina Anderson, 'n voorspeller by die Namibiese Meteorologiese Diens, sê egter dat warmer toestande vanaf die middag verwag kan word, met warmer toestande oor die naweek.
Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad herinner SME's wat kwalifiseer om 'n geleentheid om te groei aan te gryp deur aansoek te doen vir befondsing voor die einde van 24 Julie. Deur die SME-fonds kan kwalifiserende besighede toelaes van tussen 50 000 en 100 000 Namibiese dollar ontvang, tesame met sake-opleiding…
IPC-parlementsleier Imms Nashinge eis dringende verantwoording oor wat hy beskryf as verwaarlosing by die staatsbeheerde Nida Naute Dam-dadelplaas in die //Kharas-streek. Na 'n besoek deur die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne, het Nashinge kommer uitgespreek dat kritieke masjinerie jare lank stukkend bly. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.