
Stad Windhoek moet sy besteding bekend maak na tariefverhoging
Loading player...
Reaksie word steeds ontvang op Stad Windhoek wat tariewe vir basiese dienste met gemiddeld vier persent verhoog. Die IPC eis antwoorde en vra vir volle deursigtigheid oor hoe die verhoging bereken is, hoeveel bykomende inkomste dit na verwagting sal genereer en hoe die fondse bestee sal word. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die IPC se skaduminister van stedelike en landelike ontwikkeling, Armas Amukoto, gesê die munisipaliteit moet besonderhede van sy uitgawes aan oortyd, bestuursreise en ander bestuursvoordele vrystel.

