
Na 5 lang maande is Sparky gereed vir vryheid
Loading player...
Die Pangolin Conservation and Research-stigting gaan voort met sy pogings om beseerde ietermagô’s te rehabiliteer. Hierdie keer is die fokus op Sparky, wat in Maart deur die stigting gered is nadat hy geskok op 'n elektriese heining gevind is. Kosmos 94.1 Nuus het met die stigter, Kelsey Prediger gesels, wat sê Sparky se pad na herstel was lank en uitdagend.

