Doodse stilte van Zim-regering oor vergoeding aan boere

Loading player...
Vyf maande nadat hy op 24 Februarie 'n ope brief aan Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa ingedien het, sê menseregte-voorstander en woordvoerder van die SAOG-tribunaal Rights Watch, Ben Freeth, dat hy steeds op 'n antwoord wag. In die brief kritiseer Freeth Zimbabwe se vergoedingsraamwerk vir voormalige kommersiële boere en voer aan dat dit buitelandse grondeienaars wat deur bilaterale beleggingsverdrae beskerm word, onregverdig bevoordeel terwyl dit Zimbabwiese boere en ander vergoeding hoofsaaklik deur staatseffekte bied. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Freeth dat die voortgesette stilswye van die administrasie teleurstellend is.
27 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toue van 20km by Beitbrug is vertraging aan Zim-kant

Die Grensbestuursowerheid sê lang toue vragmotors – wat tot 20 kilometer strek – by die Beitbrug-grenspos word veroorsaak deur verkeersopeenhopings aan die Zimbabwiese kant van die grens. Die Owerheidswoordvoerder Mmemme Mogotsi sê alle Suid-Afrikaanse grensbedrywighede, insluitend doeane-, immigrasie- en gesondheidsinspeksies, funksioneer normaal. Sy het beklemtoon dat die owerheid met Zimbabwiese…
27 Jul 2AM 1 min

Toegang tot sanitasie verbeter maar verouderde infrastruktuur bly probleem

Die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb het Namibië se vordering met die uitbreiding van toegang tot basiese sanitasie verwelkom, maar sê die land moet meer doen om die voortdurende uitdagings rakende sanitasie en afvalbestuur aan te spreek. Gariseb het opgemerk dat toegang tot veilige sanitasie van 46 persent twee jaar gelede…
27 Jul 2AM 1 min

Pogačar ewenaar rekord na Tour de France wen

Die Sloween Tadej Pogačar het met sy vyfde sege in die wedren, die rekord vir Tour de France-oorwinnings geëwenaar, en daarmee sy status as een van die sport se allergrootstes bevestig. Die 27-jarige Pogačar van die Emirates-XRG-span het ses minute en 26 sekondes voor die Belgiese ryer Remco Evenepoel op…
27 Jul 1AM 1 min

Forum vra verwydering van Johnson

Die Activists and Citizens Forum doen 'n beroep op die verwydering van die hoof van die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, na haar getuienis voor die Madlanga-kommissie. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê Johnson se erkenning dat sy nie brigadier Dineo Mokwele se kwalifikasies nagegaan het voordat…
27 Jul 1AM 1 min

Tydrenkampioenskap op Tsumeb stel nie teleur nie

Die derde been van die 2026 Nasionale Tydrenkampioenskappe is met groot sukses oor die naweek op Tsumeb afgehandel. Francois Lottering was, met die begunning van Jou Ma se Kombuis, daar, en het al die uitslae.
27 Jul 1AM 1 min