
Sonnige weer die week
Loading player...
Namibië se weer vir vandeesweek sal meestal sonnig en droog bly, met warm dagtemperature en koel woestyn- en binnelandse nagte. Albertina Anderson, 'n weervoorspeller by die Namibiese Meteorologiese Diens, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar baie min kans op reën oor die land vir die week is.

