
Forum vra verwydering van Johnson
Loading player...
Die Activists and Citizens Forum doen 'n beroep op die verwydering van die hoof van die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, na haar getuienis voor die Madlanga-kommissie. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê Johnson se erkenning dat sy nie brigadier Dineo Mokwele se kwalifikasies nagegaan het voordat sy die aanklagte goedgekeur het nie, wek ernstige kommer oor haar gedrag. Hy sê 'n verskoning is onvoldoende en bevraagteken haar hantering van ander hoëprofielsake:

