Pogačar ewenaar rekord na Tour de France wen

Loading player...
Die Sloween Tadej Pogačar het met sy vyfde sege in die wedren, die rekord vir Tour de France-oorwinnings geëwenaar, en daarmee sy status as een van die sport se allergrootstes bevestig. Die 27-jarige Pogačar van die Emirates-XRG-span het ses minute en 26 sekondes voor die Belgiese ryer Remco Evenepoel op die algehele punteleer geëindig, met die Mexikaan Isaac del Toro derde. Die laaste skof van die drie weke lange toer is deur die Nederlander Mathieu van der Poel van Alpecin-Premier Tech gewen. Pogačar, wat vyf skofte tydens vanjaar se wedren gewen het, het die oorwinning as spesiaal beskryf:
27 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toue van 20km by Beitbrug is vertraging aan Zim-kant

Die Grensbestuursowerheid sê lang toue vragmotors – wat tot 20 kilometer strek – by die Beitbrug-grenspos word veroorsaak deur verkeersopeenhopings aan die Zimbabwiese kant van die grens. Die Owerheidswoordvoerder Mmemme Mogotsi sê alle Suid-Afrikaanse grensbedrywighede, insluitend doeane-, immigrasie- en gesondheidsinspeksies, funksioneer normaal. Sy het beklemtoon dat die owerheid met Zimbabwiese…
27 Jul 2AM 1 min

Toegang tot sanitasie verbeter maar verouderde infrastruktuur bly probleem

Die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb het Namibië se vordering met die uitbreiding van toegang tot basiese sanitasie verwelkom, maar sê die land moet meer doen om die voortdurende uitdagings rakende sanitasie en afvalbestuur aan te spreek. Gariseb het opgemerk dat toegang tot veilige sanitasie van 46 persent twee jaar gelede…
27 Jul 2AM 1 min

Forum vra verwydering van Johnson

Die Activists and Citizens Forum doen 'n beroep op die verwydering van die hoof van die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, na haar getuienis voor die Madlanga-kommissie. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê Johnson se erkenning dat sy nie brigadier Dineo Mokwele se kwalifikasies nagegaan het voordat…
27 Jul 1AM 1 min

Tydrenkampioenskap op Tsumeb stel nie teleur nie

Die derde been van die 2026 Nasionale Tydrenkampioenskappe is met groot sukses oor die naweek op Tsumeb afgehandel. Francois Lottering was, met die begunning van Jou Ma se Kombuis, daar, en het al die uitslae.
27 Jul 1AM 1 min

Sonnige weer die week

Namibië se weer vir vandeesweek sal meestal sonnig en droog bly, met warm dagtemperature en koel woestyn- en binnelandse nagte. Albertina Anderson, 'n weervoorspeller by die Namibiese Meteorologiese Diens, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar baie min kans op reën oor die land vir die week is.
27 Jul 1AM 1 min