
Migrasiedebat moet grondoorsake aanspreek, nie net op SA fokus nie
Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika ondersteun beraadslaging oor migrasie op die Afrika-unie se hoogste vlak. Hy sê dit moet egter fokus op ordelike, korrekte en wetlike migrasie, volgens die vasteland se bestaande raamwerke. Twee Ghanese het ʼn versoek by die Internasionale Strafhof ingedien om herhaalde xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika te ondersoek, maar die regering verwerp dit as “opportunisties”. Lamola sê Afrikalande erken die soewereine reg van elke staat om sy immigrasiewette toe te pas:

