Na klagtes deur verskeie slagoffer-families het die nuwe Britse premier Andy Burnham die vroeë vrylatingskema vir gevangenes opgeskort as tydelike maatreël. Brittanje sukkel met oorvol gevangenisse en die skema was bedoel om druk te verlig. Die voormalige minister van justisie, sir David Gauke, wat die vroeë vrylatingskema vir gevangenes aanbeveel…
President Cyril Ramaphosa het die versoek van die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, aanvaar om met onmiddellike effek uit die amp te tree. Sy het aan die president en Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, geskryf en versoek om met onmiddellike ingang te bedank en…
Die Walvisbaai-DBV ondervind toenemende druk namate stygende lewenskoste en 'n toename in hawelose en oorgegeede diere hul beperkte hulpbronne oorskry. Kosmos 94.1 Nuus het met die organisasie se voorsitter, Lindy Dreyer gepraat wat sê dat die vraag na skuilingdienste die afgelope maande aansienlik toegeneem het. Sy het meer.
Vrae oor verantwoordbaarheid in die regering het weer opgeduik nadat die IPC owerhede daarvan beskuldig het dat dit amptenare met twyfelagtige rekords herwin pleks om hulle verantwoordelik te hou. Politieke ontleder dr. Henning Melber vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat die uitdagings van regering openheid en beslissende optrede vereis as…
Ten spyte van laer as verwagte watervlakke by die Hardapdam, lyk dit of dinge by die besproeiingskema goed verloop. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie De Klerk, die voorsitter van die Hardap Boerevereniging, gesels vir 'n opdatering oor hulle oeste en aanplantings.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.