
Ramaphosa aanvaar Johnson se bedanking
Loading player...
President Cyril Ramaphosa het die versoek van die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, aanvaar om met onmiddellike effek uit die amp te tree. Sy het aan die president en Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, geskryf en versoek om met onmiddellike ingang te bedank en van haar kennisgewingstydperk van drie maande kwytgeskeld te word. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president het Johnson vir haar jare lange diens bedank:

