
IAEA-verslag oor in situ-uraanmynbou by ministerie
Loading player...
Die finale besluit oor die voorgestelde Headspring Investments-uraanmynbouprojek naby Leonardville blyk langer te neem as verwag. Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het in Februarie 'n onafhanklike kundigesending uitgevoer om die projek se potensiële impak op die Stampriet-oorgrenswaterdraer te bepaal. Die landbouministerie het die verslag ontvang, maar woordvoerder Romeo Muyunda het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit sal nie nou vrygestel word nie. Hy bevestig dat amptenare nog moet vergader om 'n finale besluit te neem.

