
'Tekort aan kondome, ander middels' hou tienerswangerskappe hoog
Loading player...
Die Parlementêre Staande Komitee oor Geslagsgelykheid, Gesondheid en Maatskaplike Welsyn is in die Ohangwena-streek op soek na antwoorde oor waarom tienerswangerskappe hoog bly ten spyte van adolessente-gesondheidsprogramme. Die komitee word ingelig oor jongmense se toegang tot gesinsbeplanningsdienste, MIV-voorkoming en reproduktiewe gesondheidsorg. Verpleegster-in-Beheer by die Ohangwena-kliniek in Omafo, Frieda Shikongo, sê die fasiliteit staar volgehoue tekorte aan geboortebeperkingsvoorrade, insluitend kondome, in die gesig.

