Kritiek oor ad hoc, onderdagte ingrypings deur ministers

Loading player...
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê Namibië se huidige kabinet tree te dikwels op sonder duidelike strategieë of langtermynplanne. Die instituut se direkteur, Graham Hopwood, het by die Politieke Scenario's tot 2030-geleentheid gewaarsku dat hoewel ingrypende ministers die indruk kan skep dat die regering beslissende stappe doen, daardie intervensies ook kan boemerang as dit nie deur goeie beplanning ondersteun word nie.
28 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump sê nuwe onderhangelinge is versoek

President Donald Trump van Amerika sê hy het besluit om voorlopig aanvalle op Iran te staak omdat die lande wat as bemiddelaars optree, weer vir vredesonderhandelings gevra het. Die onderbreking volg na twee weke se volskaalse Amerikaanse aanvalle en wraakaanvalle deur Teheran. Iran ontken dat regstreekse onderhandelings plaasvind. Trump waarsku…
28 Jul 1AM 1 min

Madlanga-kommissie lê klagtes na identiteit uitgelek is

Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, Mbuyiseli Madlanga, sê strafregtelike aanklagte sal aanhangig gemaak word nadat die identiteit van 'n beskermde getuie na bewering doelbewus uitgelek is. Madlanga sê die getuie het anoniem in 'n geslote sitting voor die kommissie getuig. Hy sê die kommissie sal regstappe doen teen die persoon…
28 Jul 1AM 1 min

Groot ontwikkeling by Herboths, net buite hoofstad

Die eiendomsontwikkelaar APxHouse en Pieter Mostert Argitekte het 'n eksklusiewe samewerkingsooreenkoms aangegaan vir Woodlands @ Herboths, die lae-digtheid natuurlandgoed net 20-minute oos van Windhoek. Le-Hugo van Rooyen, uitvoerende hoof van APxHouse, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat die argitektuur eerlike, duursame materiale, 'n ruim binne-buite leefstyl en klimaat-responsiewe ontwerp nastreef.
28 Jul 1AM 1 min

Kruising op splinternuwe Eneas Peter Nanyemba-pad val reeds uitmekaar

'n Onvoltooide groot padopgradering van 381 miljoen Namibiese dollar in Windhoek loop reeds deur onder kritiek weens die gehalte daarvan. 'n Onlangs voltooide gedeelte van die Eneas Peter Nanyemba-pad, voorheen bekend as Monte Christo-pad, toon reeds tekens van agteruitgang, met slaggate wat na bewering by 'n belangrike kruising vorm. Die…
28 Jul 12AM 1 min

Burnham en Zelensky vergader

Britse eerste minister Andy Burnham en Oekraïnse president Volodymyr Zelensky se ontmoeting Maandag was volgens berigte 'n groot sukses. Burnham het Zelensky van die Verenigde Koninkryk se 100-persent steun verseker, terwyl Zelensky gesê het die twee lande se verhouding is sterker as ooit. Burnham is na die leiers se besoek…
27 Jul 11PM 1 min