
Namcol-leerders moet ook gratis onderrig ontvang - AR
Loading player...
Die AR-studentebevel het die regering se besluit gekritiseer om nie leerders wat by die Namibia College of Open Learning, Namcol, of ander instellings inskryf, te subsidieer om hul graad 11- en 12-uitslae te verbeter nie. Hulle voer aan dat dit die grondwetlike reg op onderwys ondermyn. Die interimhoof van die AR-studentebevel se sekretariaat, Intelligent Katire, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die gratis onderwysbeleid alle leerders moet bevoordeel, insluitend diegene wat hul eksamenuitslae wil verbeter.

