
Onsekere tye, rentekoers demp vraag na eiendom in SA
Loading player...
ʼn Senior FNB-ekonoom, Siphamandla Mkhwanazi, sê hoër leningkoste, swakker verbruikersvertroue en traer ekonomiese toestande beïnvloed die vraag na behuising en sal na verwagting die res van die jaar mark-aktiwiteit kniehalter. Die FNB-huisprysindeks het in Junie verder verlangsaam. Die jaarlikse groei in huispryse het van 5,7-persent in Mei tot 5,2-persent gedaal. Mkhwanazi sê die behuisingsmark trek voordeel uit ʼn gebrek aan voorraad wat bydra om pryse te beskerm:

