
Aochamub praat oor El Nino
Loading player...
Meatco se finansiële syfers, met 'n daling van meer as 730 miljoen Namibiese dollar in inkomste verlede jaar, is in die nuus. En 'n super El Nino word voorspel vir die komende seisoen. Maar droogte is nie altyd slegte nuus vir Meatco nie. Die waarnemende uitvoerende hoof, Albertus Aochamub, sê hoewel droogte boere benadeel, verhoog dit verkope wat abattoir-deurset verbeter. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Aochamub dat Meatco hierdie uitdagings aanspreek deur operasionele doeltreffendheid te verbeter en die winsgewendste uitvoermarkte te teiken.

