
Diamantproduksie daal, kans om ekonomie te diversifiseer
Loading player...
Reaksie word ontvang op Namibië se diamantproduksie wat met 7 persent tot 1,09 miljoen karaat gedaal het gedurende die eerste helfte van 2026. Laer aflandige produksie by Debmarine Namibia het Namdeb se hoër produksie op land geneutraliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu gepraat wat sê die wêreldwye vraag na goedkoper sintetiese diamante het gestyg, en dis 'n geleentheid om die ekonomie te diversifiseer.

