Die Namibiese bokser Philip Mutakela !Haoseb neem deel aan die Mans 55 kg, Bantamgewig/Veergewig-kategorie by die 2026 Statebondspele in Glasgow, Skotland.
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, beskryf sy ontmoeting met president Donald Trump van Amerika as “een van die beste gesprekke” wat hulle nog gehad het. Die twee leiers het agter geslote deure by die Withuis vergader, die eerste keer sedert die gesamentlike oorlog teen Iran begin het. Die Withuis…
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die party se hoogste prioriteit is om die stygende lewenskoste aan te pak. Mbalula het die regering versoek om brandstofheffingverligting te oorweeg om vervoer- en voedselkoste te verminder, aangesien wêreldwye konflikte olie- en kunsmispryse laat styg. Hy het die regering ook aangespoor…
ActionSA het planne aangekondig om 'n wetsontwerp op deursigtigheid van steunwerwing deur privaat lede in te stel om professionele voorspraak te reguleer en deursigtigheid in regeringsbesluitneming te verbeter. Die woordvoerder van die party, Lerato Ngobeni sê die voorgestelde wetgewing sal 'n openbare register van voorspraakmakers vestig, openbaarmaking van verbintenisse met…
Die Elektrisiteitsbeheerraad het die hernuwing van 'n moratorium op die uitreiking van nuwe elektrisiteitsopwekkingslisensies vir uitvoerprojekte aangekondig. Die verbod, wat tot Januarie 2029 van krag is, is daarop gemik om die land se elektrisiteitsektor te beskerm, aangesien beperkte oorgrens-transmissiekapasiteit steeds kraguitvoere na die Suider-Afrikaanse Kragpoel beperk. Die Elektrisiteitsbeheerraad se woordvoerder,…
Onopgeëiste voordele van pensioen- of ander fondse bly in die kollig, met kenners wat 'n hersiening van die stelsel vir die opsporing van begunstigdes versoek sodat voordele uitbetaal kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met die verbruikersbeskermingsaktivis Milton Louw gepraat, wat sê komplekse eisprosesse, duur dokumentasievereistes en swak toegang tot…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.