
Eiendomsmark: Verhuurders wen op die oomblik
Loading player...
Hoër leenkoste, swakker verbruikersvertroue en trae ekonomiese toestande beïnvloed die vraag na huise en sal na verwagting die huismark verder demp, volgens ontleders. Dit sal heel waarskynlik reeds hoë huurkoste verder laat styg. Eiendomsagent Hillie Streck van Rightmove Properties vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat die situasie op die grond meer haglik is, met verhuurders die groot wenners in die land se huismark.

