
Privaatsektor 'belê nie genoeg om ekonomie te laat groei'
Loading player...
Ekonoom Robin Sherbourne sê die privaatsektor belê nie genoeg om die land se ekonomie te laat groei nie. In 'n assessering van die stand van die Namibiese ekonomie, georganiseer deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, het Sherbourne kommer uitgespreek dat die privaatsektor, afgesien van die mynbousektor, nie genoeg in ander sektore belê nie. Hy sê beleidmakers moet hulself afvra waarom dit gebeur.

