
Shaningwa klap sweep oor nakoming van mandate
Loading player...
Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, waarsku dat die party die risiko loop om openbare steun te verloor as sy verkose leiers nie hul mandate nakom nie. Shaningwa het plaaslike owerhede en streeksleiers aangespoor om 'n oopdeur-beleid te hê en na inwoners te luister. Sy het by die party se driedaagse distrikleierskapopleiding wat in Rundu aan die gang is gepraat.

