Landbou gee aandag aan kommer oor 6th Grain

Loading player...
Die landbouministerie het bevestig dat die kontrak van 2,4 miljoen Amerikaanse dollar met die Amerikaanse maatskappy 6th Grain dringende aandag op die hoogste vlak geniet. Die projek sal gewasmoniteringstegnologie ontplooi deur middel van kunsmatige intelligensie, satellietbeelde en geospatiale analise oor Namibië se stapelvoedselsektore. 'n Debat onder die publiek hieroor fokus op verkrygingsdeursigtigheid, data-soewereiniteit en die gebruik van 'n buitelandse firma bo plaaslike kundiges. Ministerie-woordvoerder Romeo Muyunda:
30 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regte van en toegang vir gestremdes benodig belegging

'n Nuwe verslag deur die Universiteit Stellenbosch het bevind baie gestremdes regoor Afrika sukkel steeds om toegang tot ondersteunende tegnologie soos rolstoele, gehoorapparate en skermlesers te verkry. Volgens die verslag lei hoë koste, beperkte dienste en swak ondersteuningstelsels daartoe dat baie mense, veral dié in plattelandse gebiede, nie die toestelle…
30 Jul 2AM 1 min

Fifa stel sperdatum vir omstrede maatskappy besluit

Fifa het 19 September as sperdatum vasgestel waarop al 211 lidverenigings sy omstrede plan, om aandele in sy groot kompetisies te verkoop, moet goedkeur. Fifa wil volgens berigte vanjaar sowat 70,35 miljard Namibiese dollar insamel deur ʼn 20-persent minderheidsaandeel te verkoop in ʼn nuwe dogtermaatskappy, Fifa Forward Enterprise, teen ʼn…
30 Jul 2AM 1 min

Phala Phala: Ampsklagkomitee appelleer teen hof interdik

Die parlementêre Ampsklagkomitee het besluit om appél aan te teken teen die uitspraak van die Wes-Kaapse Hooggeregshof oor president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek. Verlede week het die hof die openbare verhore van die komitee gestop, hangende die president se hersieningsaansoek teen 'n onafhanklike Artikel 89-paneelverslag. Die African Transformation Movement,…
30 Jul 2AM 1 min

Orania is nie afsonderlike stemgebied nie

Die Verkiesingskommissie se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê die kommissie erken Orania in die Noord-Kaap nie as 'n afsonderlike gebied vir verkiesings nie en sal Suid-Afrika se amptelike munisipale grense volg. Mamabolo het ook bevestig 2 en 3 November sal spesiale stemdae wees, met die hoof- plaaslike regeringsverkiesing op 4 November
30 Jul 1AM 1 min

VN waarsku oor beloftes van werk in die buiteland

Die Verenigde Nasies se Internasionale Organisasie vir Migrasie waarsku honderde duisende mense word elke jaar bedrieg deur beloftes van wettige werk in die buiteland, maar dan gevange gehou en by aanlyn bedrog-operasies betrek. Slagoffers van meer as 80 lande word deur vals werkaanbiedinge op sosiale media na swendelsentrums gelok. Verliese…
30 Jul 1AM 1 min