
Regte van en toegang vir gestremdes benodig belegging
Loading player...
'n Nuwe verslag deur die Universiteit Stellenbosch het bevind baie gestremdes regoor Afrika sukkel steeds om toegang tot ondersteunende tegnologie soos rolstoele, gehoorapparate en skermlesers te verkry. Volgens die verslag lei hoë koste, beperkte dienste en swak ondersteuningstelsels daartoe dat baie mense, veral dié in plattelandse gebiede, nie die toestelle kan kry wat hulle nodig het nie. Luigia Nicholas van die universiteit sê meer beleggings is nodig om gestremdes te help om toegang tot onderwys en indiensneming te kry, en meer onafhanklik te lewe:

