
Vitol-kontrak: IPC eis dokumentasie, parlementêre ondersoek
Loading player...
Die brandstofsektor is weer in die kollig nadat die IPC se skadu-energieminister, Ferdinand Hengombe, kommer uitgespreek het oor die regering se besluit om Vitol as die land se eksklusiewe brandstofverskaffer tot September aan te hou. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Hengombe dat die gerapporteerde 7,2 miljard Namibiese dollar alleenverskafferkontrak, tesame met 'n Namcor-huurkontrak wat na bewering teen ongeveer 50 persent onder markpryse verleng is, dringende ondersoek vereis.

