
Houtskool: Calle is nie oortuig oor voordele nie
Loading player...
Oud-landbouminister Calle Schlettwein, het skerp kritiek gelewer op Namibië se houtskoolbedryf en gewaarsku dat die afkap van volwasse bome verwoestend is op biodiversiteit. Schlettwein vergelyk ou bome met hele stede as gevolg van die talle spesies wat hulle ondersteun. Hy bevraagteken die bedryf se bewerings dat die omgewingsimpak positief is en graslande skep. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

