
Vrystelling van munisipale fondse is ingryping vir dienslewering
Loading player...
Die burgerlike organisasie, Soil of Africa, sê die vrystelling van die orige 7,1-miljard Suid-Afrikaanse rand van Julie se gelykberegting-toelaes wat van munisipaliteite teruggehou is, is nie ʼn verslapping van finansiële aanspreeklikheid nie. Die Nasionale Tesourie het vroeër die maand 13,5-miljard-rand van 69 munisipaliteite teruggehou, en sal nou die res van die fondse oorbetaal. Soil of Africa se woordvoerder, Luzuko Sofute, sê die fondse se vrystelling is ʼn voorwaardelike ingryping om dienslewering te beskerm:

