
Internasionale toeriste na SA spring 12,3%
Loading player...
Suid-Afrika se toerisme-sektor het die eerste ses maande van die jaar sterk groei ondervind en meer as 5,5-miljoen internasionale besoekers verwelkom. Dis 12,3-persent meer as dieselfde tydperk verlede jaar. Verlede maand se aankomste was ook byna 10-persent meer, met sterk groei in Afrika-markte. Aldrin Sampear van die Departement van Toerisme sê Amerika was die tweede agtereenvolgende maand Suid-Afrika se voorste oorsese bron-mark:

