
SA kabinet verleng geldigheid van rybewyse tot 10 jaar
Loading player...
Die kabinet het goedkeuring verleen dat die geldigheid van rybewyse vir ligte motorvoertuie van vyf na tien jaar verleng word. Die verandering is van toepassing op lisensiekodes A, A1, B en EB, terwyl swaar vrag- en openbare vervoervoertuie steeds aan die bestaande vereistes moet voldoen. Permitte vir beroepsbestuurders sal ook steeds vir twee jaar geldig wees. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die verandering stem ooreen met internasionale gebruike:

