
Oprah se akademie sluit, gaan na Gauteng onderwysdepartement
Loading player...
Die Oprah Winfrey Leadership Academy for Girls in Gauteng gaan ná 2027 se akademiese jaar sluit. Die skool het meer as 'n duisend gegradueerdes uit benadeelde gemeenskappe opgelewer sedert die opening in 2007. Die Amerikaanse persoonlikheid sê die akademie sal aan die Gautengse Onderwysdepartement oorgedra word. Die departement se woordvoerder, Onwabile Lubhelwana, sê dit verteenwoordig die volgende fase van een van die land se merkwaardigste vennootskappe op die gebied van onderwys:

