
Kommer oor moontlike streeksoorlog in Midde-Ooste
Loading player...
Die konflik in die Midde-Ooste is besig om uit te brei en kan in 'n streeksoorlog verander, volgens verskeie internasionale ontleders. Dit kom na Amerika en Saoedi-Arabië saam Iran-gesteunde milisies in Irak aangeval het, nadat twee dae se hommeltuigaanvalle uit Irak ru-olie fasiliteite in Saoedi-Arabië geteiken het. Iran het ook Donderdag Amerikaanse fasiliteite in Jordanië aangeval. Die direkteur van die Irak-fasiliteit by Chatham House in Londen, Renad Mansour, het met CNN gepraat en sê die streek word al meer onstabiel.

