
SA-likwidasies effe af in Junie
Loading player...
Statistiek Suid-Afrika sê die aantal maatskappylikwidasies het effens afgeneem in Junie. Die totale aantal likwidasies het met 0,4-persent op 'n jaargrondslag gedaal, van 246 tot 245 gevalle. Maatskappy-likwidasies het afgeneem, terwyl likwidasies van beslote korporasies toegeneem het. Onica Mushwana van Statistiek SA sê likwidasies was 1,4-persent laer tussen April en Junie en het met 0,9-persent in die eerste ses maande van die jaar gedaal in vergelyking met dieselfde tydperke verlede jaar:

