
Senaat misluk weer om Trump se magte in te perk
Loading player...
Die Republikeine in die Amerikaanse Senaat het weereens die resolusie oor oorlogsmagte wat president Donald Trump sou dwing om Amerikaanse magte aan vyandelikhede met Iran te onttrek, gekeer. Die resolusie is met 49 teen 50 afgekeur, met die Demokratiese senator, John Fetterman, wat saam met die Republikeine gestem het. Dis die tweede keer in twee weke dat die Senaat ʼn oorlogsmagte-resolusie afkeur. Die Demokratiese leier in die Senaat, Chuck Schumer, sê volgens hom is hierdie oorlog een van die grootste katastrofes in Amerika se geskiedenis:

