
Bedrieërs tree toe by SME-fonds
Loading player...
Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad waarsku die publiek en SME-fondsaansoekers oor bedrieglike e-posse wat voorgee dat hulle amptelike SME-fonds-aanvaardingskennisgewings is. Woordvoerder Catherine Shipushu sê daardie e-posse is bedoel om ontvangers te mislei en te bedrieg. Sy sê bedrieërs doen hulle voor as lede van die SME-fondsspan en dring daarop aan dat aansoekers onmiddellik hul bankbesonderhede verskaf.

