
Taakspan vind oorskot van vermiste EFF-lid
Loading player...
Die Gautengse Taakspan oor Politieke Moorde het die EFF-lid, Aaron Makola wat in Bronkhorstspruit as vermis aangemeld is, gevind. Die 51-jarige Makola het op 10 Julie vermis geraak en sy voertuig is later verlate gevind. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die taakspan het die ondersoek oorgeneem nadat hulle met Makola se familie vergader en nuwe inligting oor sy verdwyning bekom het. Sy sê ʼn uitgebreide ondersoek het lede van die taakspan na Delmas, Mpumalanga, gelei waar sy liggaam gevind is:

