
Lamola sê SA ondersteun AU oor migrasie konferensie
Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika het sy steun herbevestig vir die Afrika-Unie se besluit om 'n vastelandswye konferensie oor migrasie byeen te roep. Die 49ste Gewone Sitting van die Afrika-Unie se Uitvoerende Raad het besluit om nie migrasie te bespreek tydens die komende AU-middeltermyn-hersieningsvergadering in Egipte nie. Lamola sê 'n vastelandswye byeenkoms oor migrasie moet migrasie holisties beskou, insluitend die verhouding met vrede en bestendigheid, ekonomiese ontwikkeling, streeksintegrasie en demokratiese regering:

