
Andrea Johnson word strafregtelik ondersoek
Loading player...
Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, sê die gewese hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, word steeds strafregtelik ondersoek al het sy onlangs bedank te midde van haar getuienis voor die Madlanga-kommissie. Een van die bewerings is dat sy wederregtelik die inhoud van ʼn aanranding-dossier teen die geskorste adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Fazel Khan, met hom gedeel het. Mothibi sê ʼn bedanking beskerm niemand teen strafregtelike aanspreekliheid nie:

