VERSKILMAKERS: Starfish Projects

Loading player...
Elke kind verdien die kans om veilig te voel, geliefd te wees en met hoop na die toekoms te kan uitsien. Ongelukkig is dit nie die werklikheid vir duisende kwesbare kinders in Suid-Afrika nie. Starfish Projects werk al vyf jaar lank daaraan om 'n verskil te maak deur kinders en pleeggesinne met praktiese ondersteuning, begeleiding en hoop te bemagtig. Sarina gesels met Janice Spencer en Bianca Bornman om meer te hoor oor die impak van hierdie werk en hoe elkeen van ons deel van die oplossing kan wees.
6 Aug 4AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min